Nulaid – Leaderboard – All Regions

Laerskool Volschenk

Op die AWSUM rusbank: Laerskool Volschenk se 2019 hoofseun

on

Ontmoet vir Juan Heyns, Laerskool Volschenk se 2019 hoofseun.

Wat is jou filosofie as ‘n leier?

Wees altyd jouself en wees trots op wie jy is

Wat is jou sterkpunte as ‘n leier?

Ek is hardwerkend, altyd oop vir nuwe voorstelle en gee nie maklik op nie.

Waarna sien jy die meeste uit na graad 7?

Om die jaar spesiaal te maak saam met my klasmaats

Watter verandering sal jy graag in jou skool wil aanbring?

Dat almal van alle grade mekaar sal respekteer en dat niemand geboelie word nie.

Wat was jou hoogtepunt van jou skoolloopbaan tot dusver?

Toe ek as hoofseun gekies is en al die tye wat ek en my vriende saam spandeer het.

Wat sal jy graag wil bereik in 2019?

Om op die sportveld en in akademie goed te presteer.

Het jy ‘n boodskap aan jou medeleiers?

Kom ons maak dit ‘n jaar om te onthou!

Wat maak jou skool spesiaal?

Al die unieke kinders daarin.

Wie is jou rolmodel waarna jy opkyk?

Fabio Wibmer.

As jy enige superhero kon wees, wie sou dit wees en hoekom?

Captain America, want hy is nie bang om op te staan vir wat reg is nie.

Wie is jou Hollywood celeb crush?

Taylor Swift

 

Share this post

You must be logged in to post a comment Login