Nulaid – Leaderboard – All Regions

Laerskool Volschenk

Op die AWSUM rusbank: Laerskool Volschenk se 2019 hoofdogter

on

Ontmoet vir Lisa Louw, Laerskool Volschenk se 2019 hoofdogter

Wat is jou filosofie as ‘n leier?

Leierskap is nie oor om self die beste persoon te wees nie, maar dis die vermoë om almal rondom my beter te maak.

Wat is jou sterkpunte as ‘n leier?

My vermoë om met almal oor die weg te kom, selfdissipline, stiptelikheid en goeie sin vir humor.

Waarna sien jy die meeste uit na graad 7?

Om ‘n senior leerling van Laerskool Volschenk te wees en om my voor te berei vir my hoërskoolloopbaan.

Watter verandering sal jy graag in jou skool wil aanbring?

‘n Beter Volschenk-spangees en dat ons meer kinders motiveer om aan ‘n wye verskeidenheid aktiwiteite deel te neem.

Wat was jou hoogtepunt van jou skoolloopbaan tot dusver?

Die eer om as hoofdogter verkies te word deur my maats en onderwysers.

Wat sal jy graag wil bereik in 2019?

Ek wil baie hard werk aan my akademie en kyk of ek Duxleerling kan wees.

Het jy ‘n boodskap aan jou medeleiers?

Ek is bly en dankbaar vir elkeen wat saam met my op die leerlingraad verkies is.

Wat maak jou skool spesiaal?

Volschenk word op vele maniere deur die hele geemeenskap van Riversdal en die Hessequadistrik ondersteun. Almal is trots op Volschenk.

Wie is jou rolmodel waarna jy opkyk?

My Oupa Kobus, want hy kom met almal reg en is baie liefdevol.

As jy enige superhero kon wees, wie sou dit wees en hoekom?

Superwoman, want sy help almal.

Wie is jou Hollywood celeb crush?

Paul Walker

Share this post

You must be logged in to post a comment Login