Nulaid – Leaderboard – All Regions

Laerskool Blanco

Op die AWSUM rusbank: Laerskool Blanco se 2019 hoofseun

on

Ontmoet vir Willem Breytenbach, Laerskool Blanco se 2019 hoofseun

Wat is jou filosofie as n leier ?

Om te dien en ander se behoeftes bo my eie te stel.

Wat is jou sterkpunte as n leier ?

Ek gee nooit op nie. Ek leef teen volle en sit alle vertroue in Here. Probeer altyd om positief te wees en is nie bang vir ‘n uitdaging nie.

Waarna sien jy die meeste uit in graad 7 ?

Om as ‘n span te werk saam met ander prefekte. Die sport en kultuur  en ook die kleure atletiek. Die harde werk in die klas, en grappe saam met vriende.

Watter verandering  sal  jy graag in jou skool wil aanbring?

Die skool is perfek, ek wil dit net so hou. Ek dink daar moet meer opgetree word teen kinders wat vloek. Dit is verkeerd.

Wat was jou hoogtepunt van jou skool loopbaan?

Die spanwerk van rugby en krieket. Die hardloop, hoogspring, verspring en gewig stoot by die kleure atletiek. Die slaan op die tennis baan met Ivan Koen. Die gedansery by die revue en al die uitdagings van kultuur. En die hoogtepunt van almal, geselskap in pouses met al my vriende en die praat met wyse slim onderwysers.

Wat  sal ek graag wil bereik in 2019?

Om orals te wees waar ek kan, om te help waar ek kan en om ‘n goeie voorbeeld te stel vir die jonger leerders.

Het jy ‘n boodskap aan jou  medeleiers?

Klim met die regte voet uit die bed uit. Lewe met ‘n glimag en wees wie almal dink jy al klaar is.

Wat maak jou skool so spesiaal ?

Dit is ‘n unieke kaalvoet skool. Almal anvaar jou nes jy is, maak nie saak hoe jy lyk of van waar af jy kom nie, jy is spesiaal.

Wie is  jou rolmodel ?

My pa, hy kyk altyd na die positiewe, help ander mense waar ookal hy kan, hardwerkend maar sit altyd ‘n bietjie humor in, leef teen volle en probeer sy beste om te  leef soos die Here van hom verwag.

As jy Superhero kon wees, wie sou dit wees ?

Superman, hy het baie spoed so kan by probleme vinnig uitkom, kan ver en deur goed uitkyk vir  probleme, kan baie goed hoor, so kan hoor waar probleme is en slegte taalgebruik verwyder.

Wie is jou Hollywood celeb crush

Simona Halep, ‘n professionele tennis speler. Sy het baie hard gewerk om op daardie vlak te kom, sy is ook altyd nederig, wen of verloor .

Share this post

You must be logged in to post a comment Login