Nulaid – Leaderboard – All Regions

Laerskool Blanco

Op die AWSUM rusbank: Laerskool Blanco se 2019 hoofdogter

on

Ontmoet vir Mienke Boshoff, Laerskool Blanco se 2019 hoofdogter

Wat is jou filosofie as ‘n leier?

Om nederig te wees, ‘n voorbeeld te stel en om te help waar ek kan.

Wat is jou sterkpunte as ‘n leier?

Ek is betroubaar en my woord is my eer.

Waarna sien jy die meeste uit na graad 7?

Om te kyk wat ek alles kan bereik, ‘n nuwe jaar is ‘n nuwe begin.

Watter verandering sal jy graag in jou skool wil aanbring?

Ek sal graag wil help om by te dra sodat ons skool ‘n nuwe saal kan bou.

Wat was jou hoogtepunt van jou skoolloopbaan tot dusver?

Die Gr.6 Kamp waar ons almal mekaar beter leer ken het en die prysuitdeling waar ek as Hoofdogter aangekonding is.

Wat sal jy graag wil bereik in 2019?

Om die S.A. Kampioen in padfiets of bergfiets te wees.

Het jy ‘n boodskap aan jou medeleiers?

Wees net wie jy is.

Wat maak jou skool spesiaal?

Ons is ‘n klein kaalvoet skool waar ons almal mekaar ken en lief is vir mekaar.

Wie is jou rolmodel waarna jy opkyk?

My pa, want hy inspireer my elke dag om voluit te leef.

As jy enige superhero kon wees, wie sou dit wees en hoekom?

Ironman, want hy het die wapenrusting aan wat ek ook elke dag aantrek om my teen struikelblokke te beskerm.

Wie is jou Hollywood celeb crush?

Dan Stevens van Beauty and the Beast. Hy is die Beast.

Share this post

You must be logged in to post a comment Login