Nulaid – Leaderboard – All Regions

Hoërskool Punt

Hoërskool Punt se Sanggroep gaan krieketfees toeskouers betower

on

Hoërskool Punt AWSUM Mobile App – Top Post Banner

“Ek het die groep leerders gevra om die afrigters  en gaste  met die  musiekale klanke van Hoërskool Punt se talentvolle leerders welkom te heet . Die Fees is ‘n platform om alle talent bloot te stel. Die groepe leerders word begelei deur Mnr.L Van Niekerk wat ook die  liedjies wat die groep sal sing, gekies het.”  Me. N. Schoeman (personeellid).

Amor Coetzee (11A4) skryf:

“ Ek is 17 jaar oud en kan van ek onthou nie ophou musiek luister nie. Ek het amper my hele laerskool loopbaan koor gesing en nogsteeds nie geweet ek is so mal oor sing nie.

Ek het eers in hoërskool besef hoe baie ek van sing hou en dat ek actually kan sing. Musiek is iets wat ek vir niks in die wereld sal ruil nie, ek kan nie sonder musiek lewe nie.

Ek speel ukulele om meer daai acoustic vibe te kry.”

 

Eileen Swanepoel (9 A4) skryf:

“ Musiek speel nog altyd ‘n baie groot rol in my familie. Ek het van kleins af begin clavier speel en koor sing net soos my ma en ouer sister, maar soos die jare verby gegaan het, het ek agter gekom dat klavier nie my passie is nie. Na date k my graad 3 klavier eksamen geskryf geskryf en gespeel het, het ek vir 2 maande kitaar lesse geneem net om die basies akkoorde  te kan druk en daarna het ek myself geleer speel. Ons het toe van ‘n klein dropie in die Noord-Kaap afgetrek na mosselbaai toe en hier het ek musiek as vak in graad 8 en 9 geneem.Vandag is ek in Hoërskool Punt se orkes en koor asook in my kerk se band en ek geniet elke oomblik daarvan.

Wian Hough (8 A1) skryf:

Ek het musiek begin speel toe ek 2 jaar oud geword het. Die dag toe ek verjaar het, het my ma vir my ‘n dromstel laat leen vir die dag. Sy kon my nie van die dromme afkry om partjie te hou nie, dis waar my passie vir dromme begin het. Tot vandag toe geniet  ek elke oomblik.

Mnr. Van Niekerk skryf:

Ek is tans ‘n wiskunde onnie met ‘n liefde vir note. Ek glo musiek is ‘n uitbeelding van ons as mens se emosies end it woeker in die binnekamers van ons hart. Ek het as student te CPUT my liefde vir musiek ontdek en stoei graag met snaar en klawer. J.R.R Tolkien sê: “ Not all who wander are lost”, maar daar is niks so wonderlik soos om jouself in toweeklanke te verloor nie.

 

Share this post

Hoërskool Punt AWSUM Mobile App – After Post Banner

You must be logged in to post a comment Login