Nulaid – Leaderboard – All Regions

Hoërskool Punt

Hoërskool Punt doen hul deel vir “WISH”

on

Hoërskool Punt AWSUM Mobile App – Top Post Banner

WISH (Wees Iemand Se Held) is ‘n gemeenskapsdiensprojek van Hoërskool Punt. Leerders besoek elke kwartaal die Môreson Kinderhuis in George om aktiwiteite met die kinders daar te doen. Op Dinsdag 4 Desember het hulle die program vir die jaar afgesluit deur kerspakkies vir elke inwoner op te maak en dit vir hulle te gaan uitdeel. Elke huis het vir ons ‘n kaartjie gemaak om dankie te sê.

Ons hoop om volgende jaar die projek voort te sit. Groot dank aan Vredebest wat die sakkies vir die geskenke geborg het. Op die foto’s verskyn Landré Cope, Kyla Viljoen, Annemie de Graaff en Franciska Olivier by die pakkies. Die projek is begin op inisiatief van Annemie en Franciska en hulle hanteer alle reëlings self.

Share this post

Hoërskool Punt AWSUM Mobile App – After Post Banner

You must be logged in to post a comment Login