Nulaid – Leaderboard – All Regions

Hoërskool Langenhoven

Hoërskool Langenhoven Uitblinker hokkiespelers hou skool se naam hoog

on

Andrie Swart, Zanell Warner, Elizmarie Solomon en Christiaan Schabort, uitblinker hokkiespelers, is na afloop van ‘n hele paar stresvolle proewe in Edenspanne opgeneem.

Andrie, Zanell en Elizmarie is in die O/18A-span opgeneem en Christiaan gaan die O/14A-span verteenwoordig.  Die O/18’s neem vanaf 22 – 30 Junie 2018 aan ‘n Interprovinsiale toernooi te Pietermaritzburg deel en Christiaan neem vanaf 1 – 4 Julie te Bloemfontein deel.

Van links Zanell Warner, Elizmarie Solomon, Andrie Swart en Christiaan Schabort

 

Share this post

You must be logged in to post a comment Login