Nulaid – Leaderboard – All Regions

Hoërskool Langenhoven

Hoërskool Langenhoven personeel by Education Summit

on

Agt lede van Hoërskool Langenhoven se personeel en 1  personeellid van Laerskool Volschenk het vanaf 1-3 Junie 2018 ‘n Onderwyskongres (Summit) te Stellenbosch bygewoon.

Education Summit is dié kongres wat ’n groot verskil maak. ’n Verskil in onderwysers en kinders se lewens en is ook ’n ideale geleentheid vir spanbou en om uitskieteronderwysers te beloon.  Daar was elke dag verskillende sprekers soos Dr. Gillian Arendse, Marinda Engelbrecht, Ernst van Dyk en Rian Truter.  Die Vrydag moes elke span volgens die tema kreatief aantrek om spangees te bevorder. Verskillende pryse is weggegee en Hoërskool Langenhoven stap met die trofee vir beste kostuums  weg en is ook genomineer vir beste gees.  Christo en Cobus het ook die Vrydagaand die gehoor met hulle sangtalent kom vermaak.

Volgens Estéa Venter, Openbare Betrekkinge-beampte van Hoërskool Langenhoven, was dit ‘n baie energieke, inspirerende en motiverende naweek wat haar as mens op ‘n persoonlike vlak en in die werksgebied verryk het. Volgens haar is dit belangrik dat kollegas so iets bywoon om sodoende bande te versterk.

Agter, van links: Pieter Franklin, Denise Kloppers (Volschenk), Riaan van Schalkwyk, Piet de Villiers, Abrie Cronje, Malandi Oosthuizen en Estéa Venter. Voor: Renette Symington en Sonja Smith

 

iALA Events – Rectangle – Regional rectangle 4
KFC Mini Cricket – 350 x 250

Share this post

You must be logged in to post a comment Login