Nulaid – Leaderboard – All Regions

Hoërskool Bellville

HS Bellville onder Top 25 skole in SA wat 100% slaagsyfer handhaaf

on

Hoërskool Bellville is aangewys as een van die top 25 skole in die land wat reeds 5 jaar lank ‘n 100% matriekslaagsyfer handhaaf. Volgens die Departement van Basiese Onderwys se Skoolprestasieverslag vir 2018 is die skool een van slegs 9 skole in die Wes-Kaap wat hierdie prestasie behaal het en die enigste skool in die Noordelike Voorstede.

leerderleiers van 2019 wens die matrikulante van 2018 geluk met hul 100% slaagsyfer en die skool se akademiese prestasie.

Hoërskool Bellville het in die 2018-matriekuitslae vir die 6de agtereenvolgende jaar ‘n 100% matriekslaagsyfer gehad. Die skool het 217 matrikulante gehad wat die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen afgelê het, waarvan 93.5 % met Baccalaureustoelating geslaag en 99% toelating tot tersiêre studies ontvang het.

Die toppresteerder van die skool is die hoofseun van 2018, Adriaan Lourens, met ‘n gemiddeld van 94.14%. Dit is nie die eerste keer dat Hoërskool Bellville vir akademiese uitnemendheid beloon word nie. Die skool het reeds 2 keer die topmatrikulant van Suid-Afrika opgelewer, naamlik Janke van Dyk in 2017 en Jaanri Koch in 2005.

Adriaan Lourens

 

Share this post

Shades Hair Design – After post full banner

You must be logged in to post a comment Login