Nulaid – Leaderboard – All Regions

Helderberg

Hoërskool Strand neem aan Kaapse Krieketfees deel

on

Hoërskool  Strand se eerste krieketspan het 3 – 7 Januarie 2019 vir die heel eerste keer aan die Table Mountain Cricket Festival deelgeneem. Dit was die ideale voorbereiding vir die seisoen wat voorlê.

Op 3-4 Januarie is alle wedstryde oor 20 boulbeurte beslis. Die Strand het uiteindelik in die eindstryd met die derde laaste bal teen Newslands Cricket High School – met vier provinsiale spelers in hulle geledere – verloor. Liam Martin het onder andere met ‘n briljante 112 lopies nie uit nie (van slegs 63 balle) teen Kimberley Boys High en 46 lopies teen Western Cape Sport School geskitter. Shane Craythorne het ook ‘n uitstekende 47 nie uit nie teen Newslands Cricket High School aangeteken.

Liam is uiteindelik met ‘n briljante 96,8 lopiegemiddeld as die beste kolwer aangewys. Dit is voorwaar ‘n briljante prestasie.

Hoërskool Strand se boulers het hulle ook baie goed van hulle taak gekwyt. Chris Jurgens se uitstekende 3 paaltjies vir 13 lopies teen Newlands Cricket High School, Shane Craythorne se 3 paaltjies vir 28 lopies en Reinhardt le Roux se 3 paaltjies vir 19 lopies teen Kimberley Boys High sal lank onthou word. Nico van der Watt, met 2 paaltjies vir 19 lopies teen Western Cape Sport School,  was ook uitstekend.

Op 5 en 7 Januarie is alle wedstryde oor 50 boulbeurte beslis. In die wedstryd teen Kimberley Boys High het die Strand ‘n uitstekende 255 lopies vir 6 paaltjies aangeteken. Reinhardt le Roux het ‘n uitstekende 63 lopies aangeteken. Hy is goed deur Marinus Roux met 45 lopies bygestaan. In die beurt van Kimberley Boys High het Guillaume Jansen en Shane Craythorne met 3 paaltjies elk Kimberley se kolflys geknak en hulle vir 117 lopies uitgehaal. Die Strand wen die wedstryd dus met 138 lopies.

Op die laaste dag van die toernooi het die Strand met 79 lopies teen Newslands Cricket High School verloor, maar nogtans uitstekend gevaar. Liam Martin het weer eens  met 45 lopies geskitter.

Hierdie toernooi het baie beslis die Strand se eerste krieketspan vir die komende seisoen geslyp.

Share this post

You must be logged in to post a comment Login