Van Schaik Bookstore Pretoria – Leaderboard

Boland

Noord-Suid rugby fees groei van krag tot krag

on

Die 2018 Noord-Suid Rugbytoernooi skop op 28 Maart by Hoërskool Menlopark af. Hierdie jaar word drie nuwe spanne verwelkom: Monument en Durbanville se eerstespanne, asook Grey-Kollege se tweede span gaan hul Noord-Suid toernooi buiging maak. Dié toernooi word trots geborg deur Barloworld Toyota Menlyn en is al in sy vyfde bestaansjaar.Die Noord-Suid direkteur en voormalige Springbok vleuel, Pieter Rossouw, het sedert die eerste toernooi die aansien laat groei. Rossouw, het saam met die voormalige en legendariese Bulle spanbestuurder, Wynie Strydom, die toernooi op die been gebring.  Die skole wat gasheer speel vir die toernooi wissel elke jaar, maar met die hoofborg wat in Pretoria is, het dit vir die laaste paar jaar in die Noorde plaasgevind.

Waterkloof skop die toernooi op die Woensdag af teen een van die nuwelinge, Hoërskool Durbanville. Dit word gevolg deur die Garsfontein en Outeniqua wedstryd.

“Ek en Pieter het gesit en gesels en gesê daar is altyd skole rugbyweke regoor die land, maar niks in die hoofstad nie,” het Strydom aan Awsum gesê. “Die toernooi is eintlik Pieter se idee. Ons doelwit is om die beste vyf of ses skole in die Noorde te kry en hulle te laat speel teen vyf of ses van die beste skole in die Suide. Ons wissel die gasheerskole af tussen drie skole hier bo in Pretoria, naamlik Menlopark, Waterkloof en Garsfontein en roteer dit elke jaar.”

Dit was nie klopdisselboom aan die begin nie. Top spanne het tradisioneel reeds hul toernooi van keuse gehad, maar dit het nie vir Rossouw en Strydom afgeskrik nie. Hulle het die status van die Noord-Suid toernooi vinnig laat groei ten spyte van talle ander meer gevestigde rugbyfeeste, wat in dieselfde tyd plaasvind.

“In die begin was daar net vier spanne,” het Rossouw aan Awsum gesê. “Paarl Gimnasium, Menlopark en Waterkloof was die eerste deelnemende spanne. Harrismith was toevallig die ander skool wat laat bygekom het, nadat ‘n ander skool onttrek het. Omdat ons ‘n nuwe toernooi was, het ons maar gesukkel om van die grond af te kom en ook omdat dit dieselfde tyd as die ander rugbyweke plaasvind.”

Die Noord-Suid rugbyweek het ‘n ander geur aan hom en is anders as ander toernooie. “Wat lekker is van hierdie toernooi en anders as die ander Paasnaweek rugbytoernooie, is dat elke skool speel net twee wedstryde. Ons het met die hoofafrigters van skole gesels en hulle voel dat hulle spelers moeg gespeel word in die ander toernooie wat plaasvind en dit is hoekom ons net twee wedstryde speel. Wat ons toernooi nog anders maak is dat ons nooi die eerste sowel as die tweede span. Dus kom die skole met 37 spelers. Mens sal nie glo hoe opgewonde die tweedespanspelers is om ook in ‘n toernooi, saam met die eerstespan te speel nie. Die skole betaal nie om na hierdie toernooi te kom nie. Ons vlieg al die Suid skole in en ons betaal vir hulle verblyf tydens die toernooi”, sê Strydom.

Strydom, wat aan die einde van die 2013 Curriebeker seisoen afgetree het, het ‘n liefde vir skolerugby ontwikkel. Hy was vir 16 jaar die Bulle se bestuurder.

“Ek, wat vir ‘n geruime tyd uit gevoel was met skolerugby het nou begin goeie bande opbou, nie net met die afrigters nie maar met die spelers ook.”

Menlopark, die gasheer, speel sy openingswedstryd teen Stellenberg, en dan twee dae later teen Outeniqua in die laaste wedstryd van die toernooi. Die Cherries gaan slegs een wedstryd op dag twee speel. Die Bloemfontein manne stamp koppe teen Garsfontein in die tweede laaste wedstryd.

Daar vind vyf wedstryde plaas op dag een, Paarl Gimnasium en EG Jansen spook dinge uit in die derde bepaling vir die eerste dag. Monument gaan in hul eerste Noord-Suid toernooi teen Boland Landbou te staan kom. Boland Landbou sal slegs die Woensdag in die toernooi gesien word.

EG Jansen se tweede wedstryd op Saterdag, sal teen Durbanville wees terwyl Monument en Stellenberg in die tweede wedstryd te siene sal wees. Die derde stryd is Waterkloof in aksie teen Paarl Gimnasium.

Beide dae se hoofwedstryde sal uitgesaai word via live streaming en radio. Toernooigangers gaan waarde vir hul geld kry wanneer van die land se bestes oor twee dae dinge sal uitspook. Die Noord-Suid toernooi is beslis besig om een van die gewildste toernooie nasionaal te word. Mag hul van krag tor krag gaan en aanhou help met die ontwikkeling van jong talent.

Die 1ste spanne wat gaan deel neem is:

Van Schaik Bookstore Pretoria – Rectangle Post Bottom
Trandware 75 – Pit Coetzee – Rectangle Post Bottom
Zomerlust Spar – Rectangle Post Bottom

Share this post

Shades Hair Design – After post full banner

You must be logged in to post a comment Login