Nulaid – Leaderboard – All Regions

Hoërskool Waterkloof

Op die AWSUM rusbank: Hoërskool Waterkloof se hoofmeisie en hoofseun vir 2019

on

Ontmoet Jo-ane Verhoef, Hoërskool Waterkloof se hoofmeisie vir 2019.

Wat is jou filosofie as ‘n leier?

Lei deur voorbeeld eerder as om heeltyd opdragte te gee of om te motiveer. Aksies praat harder as woorde.

Wat is jou sterkpunte as leier?

Ek soek altyd eers vir die positief in ‘n saak. Ek gee nie maklik op nie en sal dus as iets heeltemal fout gegaan het, dadelik aan nuwe maniere dink om dit te verbeter nie en ek kan maklik iemand kalmeer.

Waarna sien jy die meeste uit om Hoofdogter te wees?

Die feit dat ek die voorbeeld gaan wees vir volgende jaar se nuwe Gr8’s! So ek kan dus my idee van ‘n trotse Klofie aan hulle oordra, ek sal ook net seker moet wees dat ek ‘n goeie voorbeeld sal oordra wat iets vir die skool gaan beteken vir die toekoms.

Watter verandering sal jy graag in jou skool wil aanbring?

Ek sal graag ‘n tradisie wil begin waar daar opgestaan word as ‘n volwassenes verby loop en groet. Dit is my doel.

Wat was jou hoogtepunt van jou skoolloopbaan tot dusver?

Ek is verskriklik mal oor sport, dus is dit vir my baie lekker om die sport byeenkomste by te woon en saam as ‘n skool te ondersteun. Ek is ook mal oor interhuis atletiek waar dit net ons skool is wat deelneem in verskillende spanne. Ek sien elke jaar uit daarna! Sokkies is vir my ook ‘n hoogtepunt! So ook die skool se verjaarsdag!

Wat sal jy graag wil bereik in 2019? As ‘n leier van ‘n vooraanstaande skool en as matriekleersder?

As leier wil ek graag net ‘n positiewe gevoel agter laat sodat kinders net kan besef dat skool nie eintlik so erg is nie! Daarom neem ek deel orals waar ek kan en ek maak seker ek gee altyd 100%. As matriekleerder wil ek graag my matrkiek jaar afsluit met 10 onderskeidings.

Het jy ‘n boodskap aan jou medeleiers?

Die lewe is nie so ernstig nie. Een persoon se negatiewe kommentaar beteken nie dit was ‘n mislukking nie. Hou julle koppe hoog, luister na advies, maar moenie toelaat dat dit julle koppe laat sak nie! Die lewe is heeltemal te kort om nie nuwe dinge te probeer nie!

Wie is die rolmodel waarna jy opkyk?

Ek het nie ‘n spesifieke persoon nie, ek kyk net baie op na mense wat ‘n sukses uit hulle lewe maak, gee nie om wat hulle agtergrond of storie is nie, bv. ‘n gr 8 Hoërskool meisie in Menlopark, Tamlyn Wessels. Ek kyk ook baie op na mense wat ander mense se gevoelens in ag neem voor hulle besluite neem. So ‘n persoon is my ma – selfs al het die persoon haar gebreek en afgekraak, sal sy nog steeds vriendelik wees en met ‘n glimlag aangaan.

As jy enige superhero kon wees, wie sou jy wees en hoekom?

Die hoofkarakter in Brave – Merida. Eerstens omdat sy ook rooi hare het! Tweedens omdat ek net mal is oor sulke avontuurlustige meisies wat oop is vir enige iets en braaf genoeg is om vir hulself op te staan. Sy word nou nie as ‘n superhero geklassifiseer nie, maar ek klassifiseer haar as een!

Op ‘ngewone Vrydag aand sal jy my kry  by ‘n kuier saam met dis ongelukkig my geheim!

Wie is jou Hollywood celeb crush?

VERSEKER Zac Efron!!!

Wat is jou planne vir na Matriek (2020)?

Op hierdie oomblik het ek nog geen planne nie, ek fokus maar nog eers op nou. Maar ek sien myself in my eie woonstel saam met ‘n vriendin, in ‘n ander provinsie as Gauteng, en in ‘n Wiskundige of Sielkundige rigting.

 

Ontmoet Tiaan Millard, Hoërskool Waterkloof se hoofseun vir 2019.

Wat is jou filosofie as ‘n leier?

Om mense te dien met onverdiende liefde, want ek weet ek is geliefd.

Wat is jou sterkpunte as leier?

Iemand anders gaan maar dit vir my moet besluit… want ek is regtig nie seker nie.

Waarna sien jy die meeste uit om Hoofseun te wees?

Die geleentheid om ‘n versklil te maak in my mense se lewens, al is dit net in een persoon sin.

Watter verandering sal jy graag in jou skool wil aanbring?

Ek sal graag meer verdraagsaamheid wil sien en dat almal mekaar aanvaar nes elkeen is. Dit  sal ek veel eerder wil doen as iets fisies bereik.

Wat was jou hoogtepunt van jou skoolloopbaan tot dusver?

Die mense wat ek ontmoet het langs die pad (die mense wat ek my vriende en vriendinne kan noem) is die hoogtepunt vir my.

Wat sal jy graag wil bereik in 2019? As ‘n leier van ‘n vooraanstaande skool en as matriekleersder?

As die leier van ‘n vooraanstaande skool sal ek graag wil hê dat my skool ‘n vooraanstaande skool bly onder my leiding en as matriek leerling wil en net ‘n onvergeetlikke jaar hê. Mens is net eenkeer matriek!

Het jy ‘n boodskap aan jou medeleiers?

Dat sukses nie ‘n einddoel is nie maar die title vir ‘n hoofstuk gevul met klomp klein stappies van geloof wat die volle prentjie inkleur.

Wie is die rolmodel waarna jy opkyk?

Niemand spesifiek nie, maar elke mens het ‘n bietjie wysheid wat hulle by my toevoeg… of dit nou hulle goeie raad is… of hulle eie foute. Ek leer uit beide.

As jy enige superhero kon wees, wie sou jy wees en hoekom?

The flash. Sodat ek al my werk kon klaar kry en nog baie tyd oor het vir Televisie en slaap.

Op ‘n gewone Vrydag aand sal jy my kry by my huis in Kempton Park saam met my gesin.

Wie is jou Hollywood celeb crush?

Nog altyd Johnny Depp (LOL… ek het ‘n meisie so dis die veiligste opsie)

Wat is jou planne vir na Matriek (2020)?

Ek het nog geen idee nie… Glo, bid en vertrou dat die Here se plan vir my lewe sal geskied.

 

 

Rawson Properties – PTA East – Rectangle Post Bottom

Share this post

You must be logged in to post a comment Login