Nulaid – Leaderboard – All Regions

Laerskool Tzaneen

Op die AWSUM rusbank: Laerskool Tzaneen se 2019 hoofseun

on

Ontmoet vir Ryno Schultz, Laerskool Tzaneen se 2019 hoofseun. 

Wat is jou filosofie as ‘n leier?

Om te lei deur ‘n goeie voorbeeld te stel.

Wat is jou sterkpunte as ‘n leier?

Ek is selfversekerd en luister na ander se behoeftes.

Waarna sien jy die meeste uit na in Graad 7?

Ek sien uit na die nuwe uitdagings wat voorlê en natuurlik om hoërskool toe te gaan.

Watter verandering sal jy graag in jou skool wil aanbring?

Dat die senior leerders meer respek het vir die onderwysers.

Wat was jou hoogtepunt van jou skoolloopbaan tot dusver?

Ons span was die Super 12 Bybelvasvra wenners, my akademiese prestasies en hoofleierskap.

Wat sal jy graag wil bereik in 2019?

Om nederig te bly en ‘n goeie voorbeeld te wees.

Het jy ‘n boodskap aan jou medeleiers?

Julle is gekies om die skool te dien.

Wat maak jou skool spesiaal?

Godsdiens, ons waardestelsel en my goeie vriende.

Wie is jou rolmodel waarna jy opkyk?

My ouers en Juffrou Leona.

As jy enige “superhero” kon wees, wie sou dit wees, en hoekom?

Dr Strange want hy is baie slim en kan tussen dimensies beweeg.

Wie is jou Hollywood “celeb crush”?

Hailee Steinfeld

 

Share this post

You must be logged in to post a comment Login