Nulaid – Leaderboard – All Regions

Laerskool Tzaneen

Op die AWSUM rusbank: Laerskool Tzaneen se 2019 hoofdogter

on

Ontmoet vir Larike Joubert, Laerskool Tzaneen se 2019 hoofdogter

Wat is jou filosofie as ‘n leier?

Om in elke situasie, altyd ‘n goeie voorbeeld te stel.

Wat is jou sterkpunte as ‘n leier?

Ek gee altyd net my beste.

Ek ken van hard werk en uithou en aanhou.

Ek is eerlik, lojaal en verantwoordelik.

Ek streef daarna om altyd behulpsaam te wees.

Waarna sien jy die meeste uit na graad 7?

Om ons laaste jaar in die laerskool onvergeetlik te maak. Ek hoop ons Graad 7’s se geesdrif steek die hele skool aan die brand. Ek sien ook daarna uit om die nuwe Graad 1 maatjies by ons skool te verwelkom.

Watter verandering sal jy graag in jou skool wil aanbring?

Dalk nie iets verander nie, maar wel iets bysit….’n dubbelperiode toegewy aan kultuur. Ons het soveel talentvolle ouers wat die onderwysers daarmee kan bystaan. Dan kan elke Larrie ‘n kans kry om ‘n klavier te speel, ‘n gediggie te dramatiseer of met olieverf te werk.

Wat was jou hoogtepunt van jou skoolloopbaan tot dusver?

Om as hoofdogter gekies te word van my skool is verseker die hoogtepunt. Die vertroue wat my maats in my plaas is ‘n ongelooflike eer.

Wat sal jy graag wil bereik in 2019?

Dat ek my skoene sal volstaan as hoofdogter van Laerskool Tzaneen en dat die 2019 leiers as ‘n span sal voortbou op die prestasies en tradisies van ons skool.

Ek sal ook daarna streef dat ons die skool se waardes weerspieël in ons diensjaar, naamlik:

Geloof

Respek

Eerlikheid

Verantwoordelikheid

Nederigheid

Hardwerkendheid en

Dankbaarheid.

Het jy ‘n boodskap aan jou medeleiers?

Saam met God is enige iets moontlik. Glo in jouself en jou eie vermoë. Werk vir die saak, nie vir die erkenning nie en bly altyd nederig. Kom ons kyk hierdie jaar na mekaar met liefde en deernis, kom ons moedig mekaar aan en ondersteun mekaar. Kom ons maak 2019 n onvergeetlike jaar in Laerskool Tzaneen se geskiedenisboeke.

Wat maak jou skool spesiaal?

Die onderwysers! Ons is ongelooflik bevoorreg om onderwysers te hê wat in ons glo en wat ons help om ons volle potensiaal te bereik op alle gebiede.

Wie is jou rolmodel waarna jy opkyk?

Jesus Christus is die beste rolmodel wat enige kind kan navolg.

As jy enige superhero kon wees, wie sou dit wees en hoekom?

Lucy in die rolprent Despicable Me. Sy is waaghalsig, vreesloos en dra spykerhakke. Sy bly koelkop as daar gevaar is, en daar is altyd ‘n glimlag op haar gesig. Sy sal enige iets doen om haar geliefdes te beskerm. Haar lipstic tazer is natuurlik op elke jongmeisie se verlangelysie .

Wie is jou Hollywood celeb crush?

Mmm…definitief Noah Centineo

Share this post

You must be logged in to post a comment Login