Nulaid – Leaderboard – All Regions

Bloemfontein

Laerskool Fichardt Park ondersteun Movember

on

Fichie onderwysers het hierdie Novembermaand hul baardolies en skeermesse gebêre om deel te wees van Movember.  Movember-maand is nie die maand om met jou welige snor te spog nie, maar is die geleentheid om bewustheid te kweek oor gesondheidskwessies wat mans raak.  Fichies se onderwysers het op 01 November hul gesigte skoon geskeer? Alle snorre en baarde het gewaai!

Vir die volgende 30 dae is die snorre aangekweek.  Vriende, familie en kollegas is aangemoedig om ook snorre te kweek om sodoende bewustheid te skep oor gesondheidskwessies wat mans raak Meer inligting oor hierdie projek op www.movember.co.za.

Fichies onderwysers is BOBAAS!!

 

 

 

 

Share this post

You must be logged in to post a comment Login