Nulaid – Leaderboard – All Regions

Highveld

100% Matriekslaagsyfer vir Ligbron Akademie

on

Ligbron Akademie vir Tegnologie is tydens die Provinsiale Prysuitdelingfunksie vir die 2018 matriekuitslae van Mpumalanga vereer vir hulle 100% slaagsyfer.  Vanjaar kon sleg 26 uit die 556 skole daarin slag om al hulle matriek suksesvol deur matriek te kry.  Slegs 8 van hierdie 26 skole het meer as 100 matrieks gehad.  Nege van hierdie 26 skole het vanjaar minder as 30 matrieks gehad.

Die Liggies (169 kandidate) en George Hoffmeyer (6 kandidate) is die enigste vorige model C-skole in die Hoëveldstreek (Gert Sibande) wat die 100% kerf bereik het.

Die Liggies het weereens bevestig waarom hulle ‘n eerste keuse skool is vir Akademiese presteerders, met puik Wiskunde en Wetenskap uitslae.  Soos die afgelope jare is hierdie 2 vakke weereens onder die Top 3 in Mpumalanga bereken op die aantal onderskeidings wat die Liggies ontvang het.

As daar gekyk word na die persentasie leerders wat eindig met ‘n punt bo 50% is Ligbron tweede beste in Wetenskap (81%leerders het bo 50%) en die beste in Wiskunde (91% leerders het bo 50%). Ligbron het ook vir die vyftiende agtereenvolgende jaar gee druipelinge in Wiskunde nie.

The top subjects with the number of distinctions and averages are as follows:

  • Accounting – 7 distinctions – 75% average
  • Afrikaans FAL – 18 distinctions – 67.12% average
  • Mathematics – 15 distinctions – 66.24% average
  • Construction – 2 distinctions – 67.92% average
  • Fitting and Turning – no distinctions – 67% average
  • English FAL – 4 distinctions – 64.35% average
  • Science – 18 distinctions – 62.92 average
  • Tourism – 2 distinctions – 62.64 average

Share this post

You must be logged in to post a comment Login