Nulaid – Leaderboard – All Regions

Hoërskool Langenhoven

Hoërskool Langenhoven se Mnr en Mej Langehovenhoven 2018 glansaand

on

Mnr. & Mej. Langenhoven glansaand
Op Maandag, 26 Maart 2018 was dit tyd vir die jaarlikse glansaand, waar leerders hulle talente aan die gehoor ten toon gestel het en op die planke paradeer is.

Die tema, Sirkus, het ieder en elk betower. Die dekor was regtig iets uit ‘n boek en almal kon op hulle eie verbeeldingsreis gaan. ‘n Tradisionele driegang-maaltyd het verder die tema uitgebeeld. Daar was sang, dans, sêr tot narre wat die gehoor vermaak het. Na afloop van al die glans en swier is die wenners aangewys. Die pragtige Cady Beukes is as Mej. Langehoven verkies, Francois van Wyk het die Mnr. Langenhoven-kroon ontvang. Mienke Doubell is as Mej. Junior Langenhoven gekroon en Mnr. Junior Langenhoven is Reinard Nel.

Die aand was ‘n pragtige uithanggeleentheid en beslis ‘n aand om op trots te wees!

Op die foto verskyn die wenners: Agter, van links: Stephani Heenop (eerste prinses), Janique Gerber (tweede Prinses), Francois van Wyk (Mnr. Langenhoven), Cady Beukes (Mej. Langenhoven), Mienke Doubell (Mej. Junior), Caylen Henn (Mej. Jnr eerste prinses) en Nika du Toit (Mej. Jnr tweede prinses). Voor, van links: Anru van Schalkwyk (eerste prins), Justin Riddles (tweede prins), Reinard Nel (Mnr. Jnr Langenhoven), Lourens van Vuuren (Mnr. Jnr tweede prins) en Marco Nel (Mnr. Jnr eerste prins.

 

 

Share this post

Businesses that are making your school news possible:

Total Grootbrak – Post Footer
Mosselbaai Toyota – Post Footer
Garden Route Mall – Post Footer
La Bella Deli – Post Footer

You must be logged in to post a comment Login